Monday, July 12, 2010

Die Plaas

Na ‘n week op die plaas aan die weskus kan ek met eerlikheid se boer is definitief nie kinderspeletjies nie. Die skape moet soggens en saans gevoer word en het geen ag vir ’n ding soos naweek nie, of dit nou Saterdag is of nie, kos soek hulle kos.

Daar is ‘n rustigheid op die plaas wat mens nie eers met woorde kan beskryf nie. Tyd staan stil daar. En as dit nie vir die nuus om sewe was nie, sou mens heeltemal afgesny gewees het van die wêreld. Daar is geen landlyn nie, die selfoon seine kom en gaan saam met die wind en 3G is daar nie eers om van te praat nie, maar dis lekker soms kort mens net ’n bietjie van ’n breek van al die tegnologie. Die perfekte wegkruip plekkie.

Soos die foto’s hier onder wys was dit lam tyd en ag moeder hulle is oulik! Mens wil hulle amper net die hele tyd drukkies gee.










Sunday, June 27, 2010

Life begins at 25!

Net voor ’n vriendin se 25ste verjaarsdag het ons menige aand gesit en filosofeer oor alles en nog wat. Dis snaaks as mens op daai tyd van jou lewe kom waar jy dele van jou lewe begin question. Die ding van ons gesprekke wat my die meeste bygebly het, is hoe anders ons lewens uitgedraai het as wat ons op hoërskool gedink het dit sou. Toe was 25 oud, nou voel dit soos niks. So ons het besluit dis nou die tyd om te begin lewe. Ons doelwitte te bereik, to speak our mind en somaar dinge anders te doen. Die mense te word wie ons werklik wil wees, want die enigste persoon wat in jou pad staan om jou drome en doelwitte te bewaarheid is jy self. Carpe diem!

Dus die blog wat sal bestaan uit denke, foto’s en wat ook al anders die lewe die kant toe gooi.



'n Paar foto's van die 25ste verjaarsdag (a.k.a. die Super 14 Final) te Langebaan: